Friday, May 23, 2008

Dit gaan 'n bietjie rof hier by ons!

Hallo aan almal, Hier by ons gaan dit 'n bietjie rof. Ons grandpa Peter is baie baie siek en pappa het vanoggend Oos London toe gevlieg om vir Granny Beryl te gaan help. Ons gaan trek en ons is nie lus DAARVOOR nie en boonop is Dolla, ons volstruis so siek dat mamma die veearts gebel het en hy gaan netnou kom kyk of hy vir Dolla kan help. Ons gee haar water en kos maar sy wil niks he nie. Sy is ook baie siek.
Ons voel deurmekaar, mamma is te besig om vrae te antwoord, te troos of te help. Ons wens dit was 'n ander Vrydag wanneer sy net rustig saam met ons is, maar sy hardloop so rond ons sien haar skaars. Ons sal julle laat weet wanneer dit bietjie beter gaan. Pappa, ons is lief vir jou en mis jou baaaaaaaaaaie!

Sunday, May 18, 2008

Riddles and Rhymes...

Sonja says: When we drive in the car, we sometimes play 'cricket' or I spy with my little eye... My favourite is to play 'riddles' with the kids. Everyone gets a turn to make up a riddle and then the others must guess the answer. Here are some of the riddles that got made up on a recent trip to the village where I work. The kids love going there because there are friends for them to play with:



Franci: Why are there no chickens on other planets?

Rathla and I guessed and guessed until we eventually gave up...

Franci gave this answer: Because they are not chicken-planets!

Go figure.....



Rathla: What makes a noise in the morning and then falls into a man?
We had to give up - what can it be?
A chicken which gets its head chopped off and eaten for breakfast!!
Gross...



Franci: How is wind made?
Sonja tried some undercover home schooling by trying to explain difference in air pressure etc.
Franci and Rathla together: Its angels blowing out there birthday candles!!!! (how they both know this is beyond me, but obviously I am not very informed on the facts of the weather...)


Rathla:Riddle me ree Riddle me Row (Rathla has a VERY good sense of the dramatic)
Theres five on my hands and I walk on my hands...
Sonja: Fingers?
Rathla: No mom its my toes! My feet are my hands that I walk on.

Sonja: What means 'Building together', but there are no brick buildings in that place?
Rathla: Its got to be Masakhane.
Correct. (Masakhane is the informal settlement where I work.)

Sonja: What is the strongest thing in the world but you cannot see it?
Rathla: Its inside you, it must be being brave or love or something, Ag mom you always say these things, its SO easy to answer your riddles.
Sorry.

Franci: (Just after two motorbikes have passed us on the road)
Motorbike Motorbike Two
Motorbike Motorbike true.
Rathla: Ag Cheti it is a motorbike.
Franci: No.
We gues and gues and then give up.
Franci: It is TWO motorbikes!

Ons ry verby 'n trop bobbejane en ek vra:
Sonja: Wat is daar 'n hele klomp van buite die kar en net twee van binne in die kar.
Rathla kry dit onmiddelik reg, (bobejane! ag mamma!!!!!) partykeer dink ek hy kan my gedagtes lees!
(Scary.)

Rathla: What gives a lift and goes on and on?
Ons raai 'n kar, 'n taxi ens...
Rathla: Its our family! (Ek laai altyd mense op die grondpad op en Rathla het eendag vir my gevra hoekom doen ek dit? Toe se ek ek doen dit want sy oupa Tex het altyd mense 'lifts' gegee en toe se ek in 'n grap en 'n baie deftige stem 'you must be proud of yourself my son, you come from a long line of liftgivers!' Hy het dit onthou en het nou die dag vir my gese, ek moenie worry nie, hy sal nie die 'line' breek nie, sodra hy 'n kar het gaan hy ook vir mense 'lifts' gee - ja familie tradisies!

Franci maak die eienaardigste raaisels, sy se sommer enige iets met 'n klomp gebrabbel van sterre en beeste en riddle-me-rows alles deurmekaar. Dan hou sy net skielik op in die middel van 'n sin en dan moet ons nou raai wat dit is. Rathla raai: 'n lorrie, 'n wolk, 'n pad, 'n mens, liefde, 'n hero, ens. ens
Franci antwoord telkens "Nee"
Dan raai ek enigeiets, sommer 'n koei (want ek sien 'n koei)
Dan skree Franci 'CORRECT!'
Arme Rathla hy sal nog leer van die wispelturigheid van 'n vrou...

Geniet julle week, moenie bekommerd wees as ons dalk bietjie stil is nie, maar ek MOET regtig egtig hierdie week 'n paar werkstukke klaarmaak en inhandig! Ek sal die blog check en vir die kinders comments lees. E&S, Rathla maak my mal oor julle en daardie riddle gaan hierdie week opgelos word. Hy is in elk geval al so goed op die spoor dat hy dit binnekort self sou uitgewerk het. Sal julle laat weet via e-pos!!! Mooi loop.

Friday, May 16, 2008

Kyk bietjie verder af.

Hallo almal! Ai tog julle sal nou bietjie verder af moet kyk vir twee baie mooi items op ons blog want mamma (!!!!!!!!!!) het nou weer nie geweet dat as mens iets 'save' dan onthou die blog die datum en sit dit onder die goed van later nie. Daar is 'Waterpret' en 'Koekies bak' en julle wil dit nie misloop nie. Ook ons posadres is onder 'Book Alert' as enige iemand dalk enige iets vir ons wil pos...
Lief julle!
R,F&S

Wednesday, May 14, 2008

Urgent Book Alert!

This is an urgent call to all our friends and family. We have run out of 'Noddy' books and we have an official addict (Cheti) and an unofficial one (Rathla) and an undercover one (mom) and we have only read ' Noddy goes to toyland' (book 1) and 'Noddy gets in trouble' (book 8) about 20 times. We have been looking for them in the shops but mom doesnt like going to shops so we don't get much chance and when we do then Noddy is elsewhere! Please Granny, Aunt Cheryl, Vannessa, Cindy, Aunt Fay, Retha, everyone, if you happen to see any of the Noddy books in English or Afrikaans (In Afrikaans it is 'Knikkie') PLEASE PLEASE PLEASE get them for us and post ASAP to P.O. Box 73 Maanhaarrand 0346. We will Love you forever! Love the Bush(b)rats!

Tuesday, May 13, 2008

Handjies klap Koekies Bak!




Vrydag middae bak of maak ons gewoonlik iets lekkers. Ons hou baie daarvan om in die kombuis te bak en (meestal) brou. Hier het ons sjokolade muffins gebak en hulle versier! Soos julle kan sien verg dit konsentrasie en proe proe proe om als net reg te kry! Wens julle kon saambak en saam eet!





Mens moet baie mooi mik om die versiersuiker net reg op te smeer! Skoon hande is duidelik nie 'n voorvereiste by hierdie kook klasse nie. Sorry Jamie Oliver en Ina Paarman!



Hulle wil my weg hou van al daardie njammies, nou eet ek maar die tafel...

So ja, dis beter, laat ek hulle net so bietjie help.







This baby is stifling my creativity!
Daarsy, ons is klaar en baie ingenome met onsself!



See! I told you we are proffesional chefs! No sorry, we cannot part with the recipe - it is a chef's secret and besides - Ina Paarman has copy right on these pre-mixed products of hers! (Rathla loves saying ' its a chef's secret when he has made something in the kitchen! (S))






A last pose with our little morsels and then...they will be GONE!!!


Stay well all of our friends and family, even undercover one's!

Waterpret!

Vrydae middae vat mamma 'af' en spandeer die middag saam met ons. Ons bak gewoonlik ietsie (nie altyd herkenbaar as noodwendig iets om te eet nie!(S)) of ons doen net iets snaaks. Dan neem mamma fotos van ons.

Hier is ons 3 so 'n rukkie terug in die tuin met die sproeier aan - dit was GROOT pret!









Kyk, ek hardloop nes Rathla! Ons twee kan dalk die voorry haal!







Voorry en die Feetjie...






Hoop julle geniet die fotos, groete en liefde aan al ons mense van Ellisras tot innie Kaap!

Monday, May 12, 2008

Hallo aan al ons 'fans!'



Ons was 'n bietjie stil, jammer aan al ons aanhangers en hulle word net meer en meer!

Ongelukkig is ons van Mamma afhanklik om die blog op datum te hou en sy raak soms so bietjie besig met haar eie goed wat natuurlik NOOIT naastenby so belangrik soos ons en ons blog is nie, maar sy sien dit nie so nie. Wanneer sy met haar leerwerk besig raak dan moet ons net uit haar pad bly. Dit het dalk iets te doen met die feit dat ons daarvan hou om prentjies te teken en papiervliegtuie te maak en dat eenkeer mamma se hele Werkstuk 01 van Navorsingsmetodiek (wat dit ookal is - kannie belangrik wees nie!) in pragtige papiervliegtuie gemaak was en by die dam mee gevlieg is. Dis nie ons skuld ons het papier gesoek en daar was dit - 24 bladsye op haar tafel! Jammer vir die geskryf aan die een kant maar ons het aan die ander kant geteken voor ons die vliegtuie gemaak het. Wel, mamma het daardie dag nogal 'perform' - dit was glo haar 'first draft' of iets en sy WOU dit nog op die rekenaar uitgetik het. Dit sal haar leer om nie so outyds te wees om eers 24 bladsye met die hand te skryf wanneer sy dit direk op die rekenaar kon gedoen het nie!



Verder gaan dit goed met ons, ons het gister alweer 'n slang gevang - 'n Cape Wolf Snake - hulle is volop hier rond. Ons hou dit net vir 'n dag of twee dan laat ons dit weer gaan. Please Granny don't worry we WILL be careful!



Our new house is coming on nicely. I am going to have my own room and the girls are going to share a room. (Rathla) (Ja en ons sal maar sien DAAROOR ek dink ons kan dalk maklik met 3 bedjies in een kamer eindig as iemand dalk nie alleen wil slaap nie...(S))







Ons was laasweek by Predator World naby Sun City - Ons Aunt Vannessa was daar en ons het die dag met haar deurgebring. Ons het baie diere gesien, slange ens. (Rathla het baie fotos geneem - hy is nogal goed daarmee.)




En die nanny was saam en sy se ek lyk NES my aunt Vannessa, behalwe vir die blou oe, die het ek en Rathla van mamma se ma - ons ouma Daleen. (Savuti.)


Daar was 'n baie groot luislang en ons het fotos geneem - hy was baie swaar en pappa moes help om dit op Rathla se skouers te kry. Die slang het eers met sy gesig so naby Rathla se gesig gekom! Ek wie Franci is het maar liewer net van 'n afstand af aan dit deelgeneem!


Laas week het ons en pappa 'n dooie rooibokkie in die veld gekry. Dit lyk of sy in die pad gekom het van twee ramme wat baklei want sy was deurboor. Franci het gehuil oor die dooie bokkie, Rathla wou weet of ons dit kon eet!



Ons volstruis sit op eiers. Hier is nie mannetjie volstruise op die plaas nie, maar ons volstruise le eiers! Dan sit hul daarop. Die staf moet die eiers wegvat en leegmaak. Ons het al volstruiseier geeet en dis GROOOT! Hiers 'n foto. Kan julle dit glo?





Mooi bly aan almal en Baie Dankie vir die Comments - ons dink dis GREAT om 'Secret Admirers' te he! Veral as hulle dink ons is so oulik en mooi! It runs in the family...