Saturday, October 18, 2008

Sussies in die bad

Savuti en Cheti speel baie lekker saam. Cheti is vreeslik saggeaard en ook baie in haar noppies dat sy 'n 'ousus' is en sy pas vir Savuti baie mooi op. Hul gee mekaar baie drukkies en soentjies en is mal oor mekaar. Hier het ek hulle in die bad afgeneem, ek moes later gaan soebat dat hulle moet uitklim en aantrek. Maar nie voor Savuti 'n hele kaalnaelery op loop gesit het nie...

Ons pas baie lekker in hierdie skottel - los ons nou uit asb?

Tuesday, October 14, 2008

Cheti se beurt



Sjoe, mens kry ook nie 'n kans op hierdie blog nie!


Ek het ook so lanklaas verjaar, en Rathla se verjaardag blog moet nog gedoen word, en Savuti verjaar een van die dae (6 November) (Sorry ek is 'n bietjie agter met die blog maar my projek het my so 'n bietjie besig gehou - Sonja) so ek beter my kans gryp terwyl ek kan.


Ek het uit die dakkamer getrek hierdie week. Ek bly nou in my en Savuti se kamer. Mamma-hulle moet net vir Savuti 'n matras koop dan trek sy uit Mamma en Pappa se kamer en dan het ons 'n 'girls room'. Ek en mamma het groot planne vir ons kamer. Ek wil dit Pienk geverf he en met 'n prinses-ding (muskietnet) bo elke bed en met allerhande pienk prente en goed teen die muur (my werk is vir my uitgeknip vir die volgende twee maande weet almal nou wat ek en Ian oor naweke gaan doen, dis nou die ding met twee prinsesse in die huis...(S))


Ons hen sit op eiers en daardie eiers gaan op Savuti se verjaardag uitbroei. Ons tel almal die slapies, want Savuti gaan dalk 'n hond kry vir haar verjaardag en ons is almal baie lus vir 'n klein hondjie.
Ek sal later weer skryf ek gaan nou buite speel.
Baai!

Sunday, October 12, 2008

Savuti se dinge


Savuti begin nou mooi praat. Sy wys graag na almal se fotos op die yskas en se dan hul name. Sy noem Cheti 'B-B' en sy kan 'Kaa-wil' (Karel) se en sy noem vir Rathla 'Oupa' (Hys nie eintlik beindruk daarmee nie!)


Sy se 'n hele paar seTswana woorde, sy kan hoender (kgokgo), thlaku (skoen) en 'o a wa' (jy gaan val) se. Haar seTswana naam is Masilo en dis nou jammer want dit beteken 'die een wat baie huil, (sy was 'n koliekbaba en het vir die eerste 4 maande aanhoudend geskree!) maar die naam het gebly en sy reageer daarop wanneer die staf met haar praat.



In Engels se sy 'come' en in afrikaans 'kom in, kom in' (ek dink sy hoor dit dalk op die tweerigting radio in ons huis). Sy se ook 'Goggabie' vir alle goggas en in ons huis is dit 'n wonderwerk want Ian verwys na omtrent al die goggas op hul Latynse name, maar 'n vierde taal is dalk 'n bietjie erg vir so 'n klein persoon!


Sy eet self en hou daarvan om met die hoenders te speel en die groente nat te maak.




Savuti is baie liefdevol en gee graag drukkies en (natterige) soene.




Sy hou daarvan as almal hande klap. Sy abba graag 'n teddie op haar rug (soos wat Miemie haar abba), en sy hou baie van musiek en sing.




As een van die ander kinders huil, troos sy hulle graag en se dan 'baba huil'.

Nes haar mamma is sy mal oor die maan en sal in die aand weer en weer op die stoep uithardloop en elke keer so bly wees om die maan te sien.

Sy is nogal ekstrovert, maar kan haar skaam hou met vreemdelinge. Sy is 'n groot flirt en loer en glimlag tot sy aandag kry.

Sav hou van teken en ons wit bord (met al my afsprake op) loop telkens deur. Dan raai ons maar waar ons wanneer moet wees om wat te doen, maar ons het darm wonderlike kunswerke op daai bord!

Sy is nogal 'tough' en huil nie sommer as sy val nie maar sal vir dae daarna, na haar 'eina' wys en land en sand vertel hoe sy die besering opgedoen het. Sy en Franci kan lekker rof speel, maar Rathla speel mooi saggies met haar (maar hy speel baie rof met Franci!).


Savuti is rustig en mense merk altyd op hoe verstom hulle is dat sy so saggies met diere werk. Sy trek nooit ore of sterte of slaan na diere nie, instede ruil sy en die honde meer speeksel uit as 'n verliefde paartjie in 'n stomende film! (Ons ontwurm ons hele lot elke 6 maande, darem!)

Wednesday, October 8, 2008

'n Paar fotos van ons by Redwall




Hier is 'n paar fototjies van ons by Redwall. Jammer hulle is so bietjie klein, maarhul pixels versteur wanneer ons hulle groter maak. Hier is Rathla, Cheti en hul vriend Jade met die magaliesberge in die agtergrond



Hier speel ons in ons kamer bo in die dakvertrek




Dis ons kat Macaroni op die trappe op na ons kamer toe.





Hier pluk Cheti boomgom van een van die akasias in ons tuin.

Mooi bly julle almal en sterkte met die eksamens Karel!

Wednesday, October 1, 2008

Chickens and Pigs

We have chickens and pigs and we intend to eat at least some of them! Do you think that is gruesome? Well perhaps, but really all the meat in the shops were once chickens or pigs running around.
We have already eaten some of our own hen's eggs. The yellows are REALLY bright yellow. We will also soon be geting some spinach and carrots and onions from our garden.
It is our job to make sure that the chickens and pigs always have water and food. Some of the baby chickens are quite tame, you can touch them and play with them.
Our black hen lays an egg every day. Mom says once she goes and sits on them it will take exactly 21 days for them to hatch.
We are going to be getting some bream soon to raise and eat. Bream is the most delicious fish in the world and dad knows just how to cook them.
So what was first - the chicken or the egg? Mmmm.... we wonder...
Will Post pics of our chickens soon.
Love you all
R, C and S