Thursday, December 10, 2009

Die Girls was op vakansie!


Ons het saam met Mamma en Carol see toe gegaan. Miemie het saamgegaan. Pappa en Rathla het alleen by die huis gebly en vreeslik na ons verlang. Hulle het ons elke aand gebel.



Die pad was baie baie lank...







Uiteindelik was ons daar en kon ons vir Miemie die see wys vir die eerste keer in haar lewe. Sy was so opgewonde en het net die heeltyd gelag en gelag!

Ons het in die see geswem en in die swembad by die hotel.








Ek het 'n tand verloor en geld gekry.

Mamma het per ongeluk in die son gebrand en siek geword. Dit was bewolk en Mamma en Miemie het in die son gesit om warm te word.









Ons het almal met 'n boot op die rivier gaan ry!











Ons het in die pretpark gespeel! Die perdjies was die lekkerste en ons het hulle oor en oor gery.

Die vakansie was baie lekker maar ons het Pappa en Rathla baie gemis en volgende keer gaan ons liewer almal saam!