Tuesday, May 13, 2008

Waterpret!

Vrydae middae vat mamma 'af' en spandeer die middag saam met ons. Ons bak gewoonlik ietsie (nie altyd herkenbaar as noodwendig iets om te eet nie!(S)) of ons doen net iets snaaks. Dan neem mamma fotos van ons.

Hier is ons 3 so 'n rukkie terug in die tuin met die sproeier aan - dit was GROOT pret!









Kyk, ek hardloop nes Rathla! Ons twee kan dalk die voorry haal!







Voorry en die Feetjie...






Hoop julle geniet die fotos, groete en liefde aan al ons mense van Ellisras tot innie Kaap!

Monday, May 12, 2008

Hallo aan al ons 'fans!'



Ons was 'n bietjie stil, jammer aan al ons aanhangers en hulle word net meer en meer!

Ongelukkig is ons van Mamma afhanklik om die blog op datum te hou en sy raak soms so bietjie besig met haar eie goed wat natuurlik NOOIT naastenby so belangrik soos ons en ons blog is nie, maar sy sien dit nie so nie. Wanneer sy met haar leerwerk besig raak dan moet ons net uit haar pad bly. Dit het dalk iets te doen met die feit dat ons daarvan hou om prentjies te teken en papiervliegtuie te maak en dat eenkeer mamma se hele Werkstuk 01 van Navorsingsmetodiek (wat dit ookal is - kannie belangrik wees nie!) in pragtige papiervliegtuie gemaak was en by die dam mee gevlieg is. Dis nie ons skuld ons het papier gesoek en daar was dit - 24 bladsye op haar tafel! Jammer vir die geskryf aan die een kant maar ons het aan die ander kant geteken voor ons die vliegtuie gemaak het. Wel, mamma het daardie dag nogal 'perform' - dit was glo haar 'first draft' of iets en sy WOU dit nog op die rekenaar uitgetik het. Dit sal haar leer om nie so outyds te wees om eers 24 bladsye met die hand te skryf wanneer sy dit direk op die rekenaar kon gedoen het nie!



Verder gaan dit goed met ons, ons het gister alweer 'n slang gevang - 'n Cape Wolf Snake - hulle is volop hier rond. Ons hou dit net vir 'n dag of twee dan laat ons dit weer gaan. Please Granny don't worry we WILL be careful!



Our new house is coming on nicely. I am going to have my own room and the girls are going to share a room. (Rathla) (Ja en ons sal maar sien DAAROOR ek dink ons kan dalk maklik met 3 bedjies in een kamer eindig as iemand dalk nie alleen wil slaap nie...(S))







Ons was laasweek by Predator World naby Sun City - Ons Aunt Vannessa was daar en ons het die dag met haar deurgebring. Ons het baie diere gesien, slange ens. (Rathla het baie fotos geneem - hy is nogal goed daarmee.)




En die nanny was saam en sy se ek lyk NES my aunt Vannessa, behalwe vir die blou oe, die het ek en Rathla van mamma se ma - ons ouma Daleen. (Savuti.)


Daar was 'n baie groot luislang en ons het fotos geneem - hy was baie swaar en pappa moes help om dit op Rathla se skouers te kry. Die slang het eers met sy gesig so naby Rathla se gesig gekom! Ek wie Franci is het maar liewer net van 'n afstand af aan dit deelgeneem!


Laas week het ons en pappa 'n dooie rooibokkie in die veld gekry. Dit lyk of sy in die pad gekom het van twee ramme wat baklei want sy was deurboor. Franci het gehuil oor die dooie bokkie, Rathla wou weet of ons dit kon eet!



Ons volstruis sit op eiers. Hier is nie mannetjie volstruise op die plaas nie, maar ons volstruise le eiers! Dan sit hul daarop. Die staf moet die eiers wegvat en leegmaak. Ons het al volstruiseier geeet en dis GROOOT! Hiers 'n foto. Kan julle dit glo?





Mooi bly aan almal en Baie Dankie vir die Comments - ons dink dis GREAT om 'Secret Admirers' te he! Veral as hulle dink ons is so oulik en mooi! It runs in the family...

Saturday, April 19, 2008

Net omdat ek die Baba is...!




















Net omdat ek die baba is beteken nie ek mag nie 'n beurt in hierdie koerant kry nie! Ek't nie veel te se nie - ek pos net fotos! Ek het blonde hare en blou oe - nes my ouma Daleen. Ek loop die heeltyd op my tone en die staff op die plaas se ek oefen vir 'high heels' - toevallig was ouma Daleen MAL oor 'high heels' - so watch this space!




Ek is lief vir my boetie en sussie - hulle mag net nie NABY mamma kom nie dan val ek hulle aan! Ek en Cheti en Rathla speel in die aand wegkruipertjie in die huis. Hulle raak soms nogal vies vir my in die dag wanneer ek my eie planne het met hulle speelgoed maar ek steur my gelukkig nie te veel aan hulle nie - ek doen net my ding!






Ek hou van die honde en katte maar hulle mag ook nie naby mamma gaan nie - mense verstaan dit nie, maar sy is net MYNE! Ongelukkig verstaan sy dit self nie en dan se sy vir my Rathla en Cheti is ook haar babas! Dit kan mos nou nie wees nie!

Wednesday, April 16, 2008

Hi there Vannessa!


Hallo to our CLEVER aunt Vannessa who has managed to find our blog with NO help in a world where mom herself loses the blog ever so often. Mom is going to TRY and create links to our cousins Kendra and Branston's blogs then maybe we will also be able to get news every once in a while! Our Cousin Branston came to visit us last year and we had a lot of fun. Our cousin Kendra lives in heaven and in our hearts.

We would love to go visit Branston in Cape town - we just love being by the sea. Mom is busy with things at the village at the moment so we can't go now. Anyway, a big HI! to Branston!

Tuesday, April 15, 2008

Before and After



I had a hair cut today! I decided that I wanted to have my hair cut a bit shorter. I managed to grow it quite long (I wanted my hair like Tarzan's) and as the deal with mom was that I had to keep it clean that was quite something!


Mom says she is proud of me for having had the courage to wear my hair long when so many people make fun of boys with long hair. Like this morning when I went with to the village where mom works and the women said they were sure I was a girl. People can be so silly! You get used to it. Mom says wearing my hair long taught me to stand up for what I believe in. I dont know about all that, all I know is that it was time for a change so I went to town (Magaliesburg) with mom.



At the hairdresser, can you believe it - there were no books with pictures of boy haircuts in! So even before mom could THINK about picking up a book with a lot of girl hair styles in, I asked for a pencil and drew the hairstyle that I wanted!



It came out very nice, a bit too short but, as mom says, hair grows back and I must say I quite like it. Cheti says I look like a handsome prince. Cool.



We got my sister a huge chelsea bun and I got a black t shirt . It was nice to go to town alone with mom.

Thursday, April 10, 2008

Franci verjaar!










Dis my verjaardag! JIPPIEEEE!!!!!! Ek het darm nou slapies getel vir 'n laaaaang tyd!!!!!!
Gits! het my ma nou alweer gesukkel om op ons blog te kom! Sy se hierdie keer is dit nie haar skuld nie, maar ek weet darm nie...geniet maar die blog terwyl julle kan, mens weet nooit of Mamma ons dalk weer in die kuberruim verloor nie...
Maar nou is dit my verjaardag. Vanoggend het almal my kom wakker maak met balonne en persente.
Elf uur kom die staff en ons goeie vriende Carol en Lorna hier tee drink. Ons verjaarsdagpartytjies hier op die plaas is nie soos ander kinders s'n nie, soos julle kan sien, maar ons hou daarvan en veral wanneer die staff vir ons sing!




Die wind het vreeslik gewaai op my partytjie. Pappa en Carol EN Maria moes mooi saamwerk om die kersies te laat brand! Ek het 'n pophuis gekry wat my pa en die staf self gemaak het, ek en Rathla moet nou nog net die meubels maak. Mamma het vir ons 'n klomp lee boksies gegee en ons het al klaar 'n kas vir ons nuwe teestel gemaak.
Ek het ook 'n lappop gekry met die lelikste voete, ek hou nie regtig daarvan nie, Mamma se ons kan dit vir Savuti gee. Dankie tog!







Rathla het vir my 'n broek en 'n top gemaak SELF! (kyk foto) Mens moet dit net baaaaie versigtig aantrek want dit is met YSLIKE groot steke gemaak. Hy het ook vir my sy akkedis persent gegee, gelukkig het dit weggekom tydens ons teepartytjie en nou is dit vry.






Ek het 'n paar pienk tekkies en 'n pienk broek gekry en mamma se nou is ek regtig haar pienk roomys!
Wel ek sal later nog skryf, lekker dag vir julle almal - ek weet ek gaan 'n njammie dag he. Met 'n koek! Ek pos die fotos later ok?
O ja en ek soek verjaardag boodskappe in my 'comments' posbus!!!!!! Sommer baie!

Die ma reken: Wat 'n gesukkel om fotos gelaai te kry!!!!(S) Die vodacom sein is so swak hier op die plaas dat dit 'n wonder is as dit nie halfpad deur die proses om 'n foto te laai, onderbreek word nie. Ek is nou moeg en sal more weer probeer. Vyfde verjaarsdae kan 'n mens nogal uitmergel! Sy het dit darm geniet, dankie vir persentjies, thanks Beryl en dankie Retha vir jou mooi boodskappie! En dankie en thanks aan almal wat sms gelos het en probeer bel het, jammer ons is so onbeskikbaar! Plaaslyn julle weet...

Tuesday, April 1, 2008

Hallo on 1 April!

Hallo there everyone, we are back. Mom was busy with her own schoolstuff and so we got a bit of a break (jippie!), but unfortunately so did the blog. We are all well and healthy, Savuti getting 6 teeth all at once (!).
It is getting cool now here on Kranskop and we have to dress warmly because mom and the nanny are cold! How does that work?!!!!!?
We have started a HUGE Museum book, where we stick in all the interesting things we pick up on our walks. Then we have to look it up in dad's books and then we have to find something interesting to learn about that thing e.g. if it is a feather, we must learn something about that bird etc. We are allowed to stick pieces of glass or stones in the museum book too. Anything really.
We are getting a new house built for us on the farm and thats good because Savuti gets through the gate and up the stairs in a flash and the new house doesnt have an upstairs.
(Rathla has decided to have his hair cut - it is currently hanging below his shoulders and now he wants a sort of a Brad Pitt in 'Meet Joe Black' style.) (S)
(Franci tel die dae tot haar verjaardag op die 10de April, sy wil net 'n koek he en 'n pophuis, so ons gaan die naweek vir haar een bou. Groot genoeg vir Rathla en Savuti om saam te speel.)
(Savuti is nou hiper oulik - sy skud haar kop 'ja' en 'neeee' vir alles wat jy haar vra. Sy en Franci speel nou ook lekker - net Rathla raak geiriteerd met haar want sy breek al die 'huise' en 'tente' en 'kampe' wat hulle met al die komberse en stoelkussings en bokse regdeur die hele huis bou dat mens nie kan loop nie!)
Ons gaan in April by 'n plek slaap waar mens in ossewaens slaap - ek en Rathla het nou net 'Jock of the Bushveld klaar gelees en dit sal 'n ervaring wees om in 'n wa te kan slaap soos 'Percy' (Fitzpatrick). Ek het natuurlik gehuil toe Percy sy os moes doodskiet en Rathla het self 'n paar trane afgevee - veral toe 'Jock' dood is.
Franci wil elke aand omtrent dieselfde storie hoor wanneer ek vir haar lees en is mal oor prinsesse. Ek noem haar ook my 'prinses'.
Sal later fotos publiseer, rekenaar stadig vanaand.(S)