Monday, May 24, 2010

Franci Praat...



Ek en Savuti hou van opdress! Hier dra ek 'n snaakse hoed en vere en Savuti speel sy is 'n rooi Indiaan.


Hier speel ons ek is 'n apie. Ek hou net van opdress as daar min mense is. Dit moet mense wees wat ek ken.





Ek hou daarvan om goed saam met Mamma te maak. Hier is 'n dorpie wat ons uit kartonboksies gemaak het. Die dorpie se naam is Akuli. Ek het die naam gekies.
Ek en Mamma het ook 'n plakaat van die planete gemaak. Ek weet meer van die planete as Rathla (maar Rathla sal dit nooit erken nie, hy se^ net elke keer ' I KNEW that! wanneer Franci hom iets van die ruimte vertel!) Die aarde op ons plakaat kan regtig draai. Ek het die plakaat vir Rathla se kamer gemaak. Dit hang bokant sy bed.

Thursday, December 10, 2009

Die Girls was op vakansie!


Ons het saam met Mamma en Carol see toe gegaan. Miemie het saamgegaan. Pappa en Rathla het alleen by die huis gebly en vreeslik na ons verlang. Hulle het ons elke aand gebel.



Die pad was baie baie lank...







Uiteindelik was ons daar en kon ons vir Miemie die see wys vir die eerste keer in haar lewe. Sy was so opgewonde en het net die heeltyd gelag en gelag!

Ons het in die see geswem en in die swembad by die hotel.








Ek het 'n tand verloor en geld gekry.

Mamma het per ongeluk in die son gebrand en siek geword. Dit was bewolk en Mamma en Miemie het in die son gesit om warm te word.









Ons het almal met 'n boot op die rivier gaan ry!











Ons het in die pretpark gespeel! Die perdjies was die lekkerste en ons het hulle oor en oor gery.

Die vakansie was baie lekker maar ons het Pappa en Rathla baie gemis en volgende keer gaan ons liewer almal saam!

Saturday, October 3, 2009

Vakansie in Kosi Baai


Wat 'n heerlike seevakansie! Ons het dit baie geniet! Ons het geswem en visgevang en skulpe opgetel en sandkastele gebou en dit het gereen en ons het vuur gemaak en ver gery.





As dit so reen, speel ons maar 'opdress' in die tent met 'n Simbapakkie - wat sal 'n girl nou maak?
Wat 'n yslike grote slak!







Ek eet hom sommer! Ek eet mos enige iets!


























Ek se^ mos ENIGE IETS. Ek het krappe op die strand gevang en gaargemaak en almal moes dit eet!


Ons het sandkastele gebou. Tot in die nag. Sal jy nou ophou om vir ons te se^ hoe ons moet sit en wat ons moet doen vir jou simpel foto Mamma!




Ek dink diep oor hierdie gebouery.





Pappa het saam met ons gebou




Op die strand



Saam met mamma by die vuurmaakplek en snoesig toegewikkel by die kampvuur.

















Kan mens bietjie privaatheid kry asseblief tog!

Saturday, August 8, 2009

Twee x Rahtla = Pret!


Ons het by Groot Rathla en Marie en hulle kinders Richelle, Claudius en Anri gaan braai.
En toe...
Twee Rathlas in 'n kopklem... Wie gaan wen?

Nee wat, ons laaik mekaar te kwaai!



Niggies - Anri (Groot Rathla se dogter) en Savuti.

Thursday, July 30, 2009

Baby Fairy at Wedding



We went to our friend Lorna's wedding recently and Savuti insisted on wearing this dress. The signal is bad tonight I will post more when I can.



Friday, April 17, 2009

Country Roads...

Nou dat Rathla in die skool is speel ons twee girls baie lekker saam in die dag. Ek, Cheti, mis hom, Rathla nogal maar dit is ook lekker (rustig!) sonder hom hier partykeer. Ons gaan stap saam met Miemie en Mamma. Daar was blomme in die veld hier naby en Mamma het hierdie fotos van ons geneem.








Hier het Mamma Savuti betrap...









Hier is ek by ons nuwe hondjie. Haar naam is Rachel en sy is 'n Ierse Terrier. Sy is eintlik Savuti se hondjie, maar Mamma se sy is ALMAL S'N - veral as ons oor haar baklei! Sy is 'n sagte hondjie, maar sy jaag die hoenders en sy raak vol klitsgrasse hier in die bos! Dan klim sy by ons in die bed en maak alles vol klitse.




Op hierdie foto saam met Miemie kan julle mooi die Magaliesberge op die agtergrond sien. Ons bly op 'n baie mooi plek.
Lief julle almal
















Cheti

Friday, April 3, 2009

CAMPING!


We went camping at Mountain Sanctuary park a few weekends ago. It was a lot of fun even though it rained and our tent leaked something terrible! We all had to sqeeze into Mom and Dad's tent. The 3 of us got to sleep on the blow-up mattress and mom and dad slept in a puddle on the floor (well, now we know - you can be wet and warm at the same time!). The next morning they, mom and dad, were sopping wet and laughing a lot.

We went for a lovely walk to a stream nearby where we all played in the water. There are rock pools where one can slide into, but we all had a cold so we couldn't.

It was lovely to go camping and we can't wait to go again.

Love you all!