Saturday, June 28, 2008

We will be back soon!


Hallo everyone, we are moving to Redwall (see picture) on Monday and we will be off the air for a bit while we wait for our new computer. We will be able to communicate though as we will go check our mail at a friend's house. We have set up an email for the meantime, which you can use to communicate with us. please don't use our old email address anymore. Well we are hoping to hear from you all! Watch this spot...we won't be gone for too long then we will be back blogging away!


P.S. Karel, sal jy asseblief vir jou ma ook hierdie epos adres gee - groete Sonja.

Monday, June 23, 2008

Haasbek en poenskop!

Rathla het 2 voortande gewissel. Natuurlik moes die tand in 'n spesiale kussinkie vir die tandmuis wag. Die eerste tand het vir R 10 verhandel en alles was reg, hy het tot die geld vir my gegee om by te dra tot sy nuwe Redwall boek. Met die tweede tand was die mark egter onstabiel: Rathla het die R10 noot uitgehaal, bekyk en toe weer netjies opgevou en terug gesit met die woorde "Well, that was the tooth mouse, I first want to see if the Tooth Fairy won't bring me more. Mom, could you let her know to come and have a look at this tooth please." Ja wel, die Tooth Fairy het toe maar R 20 gebring en ek sien swarigheid vorentoe want hy het nog 'n hele mond vol tande wat moet wissel. En 2 sussies na hom!

Franci sny vreeslik graag haar eie kuif reg op haar kop af. Ander kere knip sy haar hare nes sy wil. Dit pla my glad nie en elke nou en dan vra een van my vriendinne WAAR ek dan Franci se hare so mooi laat sny het. Die geld gespaar van die haarkapper maak seker maar op vir die duur Tooth Fairy...
P.S. Karel, Rathla-hulle het jou mail gekry en was vreeslik opgewonde. Het ook al klaar weer begin 'terug skryf!' - Franci ook. Ek weet nie of hulle fotos sal deur laat gaan nie, jou ma het al een keer vir ons 'n foto probeer stuur, maar hulle 'edit' dit uit by die cmr. Probeer maar, anders sal ons ons epos adres vir julle laat kry sodra ons ons nuwe rekenaar het (en sodra ek weet hoe om die nuwe rekenaar te werk!) Groete - Sonja

Friday, June 20, 2008

Savuti en Willemiena.

Kan ek darm net ook 'n beurt kry op hierdie koerant! Dalk moet Rathla maar sy eie WEBWERF kry want 'n blog is lykmy nie genoeg vir hom nie! Ons girls kry nie 'n kans nie...




Hierdie stukkie is spesiaal vir my oumas - Granny Beryl en my Tswana ouma Emmie - en vir al mamma se sussies en vriendinne.




Hier is ek en my nanny Willemiena.




Ek noem haar Miemie en ek is mal oor haar. Sy speel so lekker met my en my Rathla en Cheti. Ek raak baie maklik op haar rug aan die slaap...




Maar nou is ek bederf daarmee. En Willemiena moet darem af en toe vir 'n naweek 'n draai by haar eie huis gaan maak. Het mamma toe gesukkel om my aan die slaap te kry! (Ja op 'n dag waarop ek 'n 'deadline' het vir 'n kursus wat ek moet skryf! -S!)




Toe maak mamma 'n plan...

En sommer gou was ek rustig aan die slaap. (En ek rustig aan die werk met my hande vry - dankie tog! - S)

Savuti se nou al die volgende woorde:
Mamma, Bal, Melk, huil, baba, daar, Dada (vir Ian), njam-njam.

Sy kan soos 'n padda kwaak en soos 'n kat miau en soos 'n hond blaf. - dis nou haar CV sover.

Sy hou daarvan om vreeslike fyn goedjies, soos stukkies dons op te tel.

Sy speel baie lekker met Franci en Rathla in die aand en sy en Franci kan ook baie lekker pop speel wanneer Rathla nie by is nie.
Savuti is 'n vreeslike 'flirt'. Wanneer iemand vreemds haar aandag wil he, speel sy eers 'hard to get', maar loer en glimlag die hele tyd vir die persoon, totdat sy meer aandag kry!

Sy is mal oor musiek en ons dink sy gaan 'rave' want sy kan haar lyf GLAD nie stil hou wanneer vinnige musiek speel nie. 'Rave' die jongklomp nog of doen hulle nou iets anders! Laat weet bietjie, ek moet darm op datum bly met wat aangaan - hier in die bos verloor ons so bietjie tred met die wereld! O, ja en ons het net mooi ALLES probeer ons kry nie daardie raaisel uitgerafel nie - watter woord kan vorentoe of agtertoe of onderstebo geskryf word en dieselfde bly???!!!!! - lol? s.o.s? ons weet nie - help 'n bietjie uit!

Wednesday, June 18, 2008

New email coming soon!

Hallo Everyone!
As you all know we are moving soon. We are also getting a new computer and a new email address. As soon as we have it we will post our email address on here so you all know where to send letters and things to. We also left our postal address under one of our earlier posts called 'Urgent Book Alert'...
We would just LOVE to read YOUR blog! Then we can use that to leave comments on untill we get our new email.
Its cold here today - we are playing inside making tents out of sheets and things. (En niemand kan loop in daardie huis nie dis so vol tente en kinders! - S)
Enjoy your day and to all our friends and family writing exams (whats that?) - good luck!

Friday, June 13, 2008

Spinnekopbyt en ander goeters.



Hallo almal, hoop dit gaan goed met julle. Met ons gaan dit goed, ons is opgewonde om te trek al moet ons totsiens se vir Dolla ons volstruis en al die staff wat saam met Pappa en Mamma werk. Ons trek net na die plasie langsaan toe - ons sal die staff steeds sien en Pappa het gese miskien kan ons uitkyk vir twee baba dogtertjie-volstruise om self groot te maak! Daaroor is ons baie opgewonde.




Rathla - I have been bitten by a Sack-spider again! This is the third time it happens in this house! The first time it was really bad, but then mom got me some Homeopathic medicine and it got better. The second time mom and dad knew it was a spider bite straight away and got me the medicine and although it took a while it got better quicker. This time I started taking the medicine quickly and you wont believe - that bite never became as bad as the one on the picture here when I was bitten on my tummy.
I was real happy about that, because sack spider bites are very sore and can take up to three weeks to get better. They also make your skin go very bad with a very big eina and a lot of gagga-stuff. The only thing I didnt like was that I did not quite get the same reaction as before when I tried to gross people out (One of Rathla's favourite passtimes - S).
Anyway the homeopathic doctor said that this proves the way that homeopathic medicines work - they help your body to fight the thing attacking it and it makes your body's soldiers strong.
Hi Karel, I will ask my mom to write you a letter from me instead of her just always writing to your mom. Pity I cannot write so well yet or else you and I could have just written to each other without involving our moms at all! Anyway, are you scared of spiders? I love them and keep (harmless ones) as pets sometimes. here is a picture of one. Now how about a picture of you?

Tuesday, June 3, 2008

Ai tog!

Ai tog, Hier by ons gaan dit nog STEEDS rof. Grandpa Peter is darem weer gesond en Dolla die volstruis ook, maar ons kat Spaghetti is vandag by die vearts dood. Hy moes 'n operasie kry vir sy blaas en toe kom hy net nooit by na die narkose nie. Die vearts se Spaghetti was 'n bietjie oorgewig... Ons is SO hartseer. Hy was 'n regte ou liefdier en ons gaan hom so mis. Mamma gaan hom more haal by die vearts want ons wil hom self begrawe by ons nuwe huis.

Ons hou baie van ons nuwe huis. Daar is 'n dakkamer vir Rathla en Cheti en 'n boom wat perfek is vir 'n boomhuis in die tuin. Ons gaan nou nie meer op Rooikrans bly nie, ons gaan net hier naby in Redwall bly. Ons het ons nuwe huis daardie naam gegee want die buitemure is donker rooi en soos julle weet is dit ook die naam van die reeks boeke waaroor ons mal is.

Mamma en Pappa het ook gister vir ons baie belangrike nuus gegee. Maar ons sal julle eers bietjie later daarvan vertel. Ons is BAIE opgewonde daaroor. Maar vir nou wys ons eers vir julle ons nuwe huis - Redwall. Ons trek die einde van Junie in.

Elsbeth, baie dankie vir jou 'comment' - Mamma se sy stuur sommer gou vir jou en Sam-Karel 'n epos om te laat weet wat ons ALLES te se het!!!

AAAAG!!!!! Hierdie blogger wil nie vanaand fotos laai nie, ek sal more weer probeer, eks nou te moeg. En more het ek 'n hele begrafnis om te reel! Lekker slaap. (S)