Friday, February 29, 2008

Cheti (Franci) - dis my beurt!










Fotos - uiteindelik!



Dis vandag bietjie my beurt. Regtig, Rathla druk altyd voor in en Savuti sit net 'n keel op dan spring almal. Vandag is dit my beurt om vir julle van my te vertel.

Ek is vier en ek word vyf. Ek sien uit na my verjaardag, maar dan is ek ook 'n bietjie bang want Rathla se as mens 5 word moet jy gaan vir 'n inspuiting! Die ergste van alles is dat Mamma, toe ek haar vra of Rathla alweer vir my jok, gese het dat dit waar is. Ek het sommer begin huil. Dis vreeslik! Gelukkig het ek mamma al vir iemand hoor se dat ek dalk liefdevol en saggeaard is, maar dat ek niks sal doen of aan my laat doen wat ek nie wil nie. So daar! Ons sal sien of hulle my ingespuit kry!

Ek hoop ek kry 'n pophuis vir my verjaardag. Ek is mal oor poppe. Ek kan vir baie lank alleen speel wanneer Rathla gaan waterskilpaaie soek of visvang. Ek gaan partykeer saam. Sondae middae pak Mamma en Pappa altyd 'n piekniek en dan gaan ons na een van die gronddamme op die plaas, Ek en Rathla (ek noem hom nog steeds 'Baba' soos toe ekself 'n baba was) swem dan in die dam en gooi mekaar met modder. Liefie, Rathla se hond, swem saam. My hond, Dezi, hou nie so baie van swem nie. Op pad huis toe moet ons agter op die bakkie sit, want ons is dan VOL modder. Ek raak gewoonlik aan die slaap, ek kannie wakker bly as 'n kar ry nie.


Ek hou baie van hardloop.

Rathla word lekker kwaad want ek hardloop vir hom weg en hy is groter as ek. My pa se Rathla hardloop soos 'n voorry en dat my Oupa Tex darem vreeslik trots op my sou wees want hy was mal oor atletiek.

Ek hou daarvan om Mamma te help in die kombuis en met Savuti. Mamma noem my haar prinses en toevallig hou ek ook van stories met prinsesse in.

Rathla is die een wat my Cheti begin noem het. Nou noem ek en almal om my my Cheti. My eintlike naam is Franci Naledi, maar niemand noem my so nie, behalwe pappa as ek stout was. Franci was my ouma Daleen se tweede naam en beteken vryheid. Naledi beteken 'Ster' in Tswana en my ere-ouma Emmie, sy is 'n Tswana het daardie naam vir my gegee. Mamma en Pappa het haar gevra want in die Tswana kultuur gee 'n ouma vir 'n kind 'n naam. So my naam beteken 'vrye ster' en dis presies wat ek is - so se almal wat my ken.




Ek is darem nie net 'n prinses nie. Ek kan baie rowwe speletjies met Pappa en Rathla speel. Ek het Rathla nou die dag stukkend gekrap op sy gesig. Toe was mamma kwaad en het gese die rowwe speletjies moet ophou. Rathla het toe gelukkig vinnig gedink en gese ek kan hom maar liewer knyp as krap maar ons WIL stoei, hy wil net nie 'n 'scar' op sy pofwangetjies he nie. Hy is vreeslik heilig oor sy pofwange.

Ek het nie pofwange nie, ek is die maerste van ons almal, Mamma noem my ook 'n kriek en se sy wens sy was soos ek wat net nie vet kan word nie - mamma oefen elke dag op 'n GROOT bal om maer te bly.

Ek kyk soms saam Rathla en pappa 'n DVD, maar ek is soos mamma en is nie juis mal daaroor as dit nie baaaaie mooi vir my is nie. Dan gaan doen ek en sy iets anders.

Ek hou daarvan om alleen saam met Pappa te ry al raak ek meeastal aan die slaap.

Ek hou ook van fiets ry en skool. Ek is al besig met van die graad 1 werk en mamma se ek vlieg deur die boek.






Ek hou nie van te veel mense om my nie en wanneer ons vriende kry speel Rathla met hulle en ek op my eie as ek nie lus het nie.

Wel, dis genoeg oor my vir nou. As julle dalk vir my 'n verjaardagpersent wil koop, ek hou van die Disney boeke met 'n storie CD by wat in Pick en Pay is, ek het Peter Pan en ek het die een met al die Disney Prinsesse. Het ek gese dat ek mal is oor poppe?

Mooi bly en love you Granny, Aunt Vannessa, Cindy, Branston - my Engelse Familie.
My Afrikaanse familie is net te groot om op te noem, maar ek is lief vir julle almal ook!

Dankie Retha

Dankie Retha dat jy ons ma help want anders was ons vir ewig verlore in die kuberruim. Hoe sy dit regkry nadat ons jou dit 'n duisend keer vir haar hoor verduidelik kan ons nie verstaan nie, ons is net bly jy kan haar help.
Wel met ons gaan dit goed, ons pos vandag 'n paar fotos of ons gaan probeer, ons sal se watter en dan sal Mamma dit pos en as julle gelukkig is sal julle ook die fotos kan sien.

Thursday, February 28, 2008

We are back!






We are back after quite a long time. we bet you all missed us, especially you Granny! Anyway, mom finally found our blog again (as soon as I can, I will take over this blog, but for now I need mom to type for me. Untill then, please bear with us as mom gets us missing in action more often than not - Rathla.
We are all well, we had a good Christmast - thanks to those clever people who did give us toys,
despite what mom and dad asked for (educational stuff and other boring things yeg!)
Savuti is walking and running, she LOVES moths and frogs. Her first word (apart from 'mamma') was 'mot' .

Savuti - Ja, praat Afrikaans of gaan huis toe - eks Afrikaans en ken heelwat meer woorde as net 'mot' en 'mamma' , maar net 2 woorde en 'n vinger wat na als wys wat ek wil he bring my heel ver genoeg dankie!

Cheti - Ek ry al baie goed fiets, tyd dat hulle daardie simpele ekstra wielietjies afhaal. Ons het 'n babakatjie. Ons kat Macaroni het net een baba gehad. Sy en Spaghetti (op die foto langsaan) speel die hele dag met die baba. My ma se sy naam is 'Pie' - hou dit maar by kos maar ons noem hom net 'die kitten' en nou se Pappa dis 'n girl en nie 'n boy nie, nous ons sommer helemal deurmekaar ek wens grootmense wil nie so baie praat nie, dis onnodig.

Rathla - I caught a snake when mom and dad were not here. I phoned mom to tell her, but she just went 'ughno' so I asked to speak to dad instead. 'No dad it is definately non-venomous' I said. 'No dad I am not touching it, I caught it in a bucket' 'I know it is non-venom ous because the stripes run down its body, not across it.' 'Yes dad, no dad, bla bla bla' do they think I learnt nothing on that snake handling course! It turned out to be a striped skaapsteker. We let it go the next day.
Anyway enough for now, let us know if you get this, you know, then you're lucky and out here in the bush we love getting comments!