Monday, May 24, 2010

Franci Praat...



Ek en Savuti hou van opdress! Hier dra ek 'n snaakse hoed en vere en Savuti speel sy is 'n rooi Indiaan.


Hier speel ons ek is 'n apie. Ek hou net van opdress as daar min mense is. Dit moet mense wees wat ek ken.





Ek hou daarvan om goed saam met Mamma te maak. Hier is 'n dorpie wat ons uit kartonboksies gemaak het. Die dorpie se naam is Akuli. Ek het die naam gekies.
Ek en Mamma het ook 'n plakaat van die planete gemaak. Ek weet meer van die planete as Rathla (maar Rathla sal dit nooit erken nie, hy se^ net elke keer ' I KNEW that! wanneer Franci hom iets van die ruimte vertel!) Die aarde op ons plakaat kan regtig draai. Ek het die plakaat vir Rathla se kamer gemaak. Dit hang bokant sy bed.