Friday, June 20, 2008

Savuti en Willemiena.

Kan ek darm net ook 'n beurt kry op hierdie koerant! Dalk moet Rathla maar sy eie WEBWERF kry want 'n blog is lykmy nie genoeg vir hom nie! Ons girls kry nie 'n kans nie...




Hierdie stukkie is spesiaal vir my oumas - Granny Beryl en my Tswana ouma Emmie - en vir al mamma se sussies en vriendinne.




Hier is ek en my nanny Willemiena.




Ek noem haar Miemie en ek is mal oor haar. Sy speel so lekker met my en my Rathla en Cheti. Ek raak baie maklik op haar rug aan die slaap...




Maar nou is ek bederf daarmee. En Willemiena moet darem af en toe vir 'n naweek 'n draai by haar eie huis gaan maak. Het mamma toe gesukkel om my aan die slaap te kry! (Ja op 'n dag waarop ek 'n 'deadline' het vir 'n kursus wat ek moet skryf! -S!)




Toe maak mamma 'n plan...

En sommer gou was ek rustig aan die slaap. (En ek rustig aan die werk met my hande vry - dankie tog! - S)

Savuti se nou al die volgende woorde:
Mamma, Bal, Melk, huil, baba, daar, Dada (vir Ian), njam-njam.

Sy kan soos 'n padda kwaak en soos 'n kat miau en soos 'n hond blaf. - dis nou haar CV sover.

Sy hou daarvan om vreeslike fyn goedjies, soos stukkies dons op te tel.

Sy speel baie lekker met Franci en Rathla in die aand en sy en Franci kan ook baie lekker pop speel wanneer Rathla nie by is nie.
Savuti is 'n vreeslike 'flirt'. Wanneer iemand vreemds haar aandag wil he, speel sy eers 'hard to get', maar loer en glimlag die hele tyd vir die persoon, totdat sy meer aandag kry!

Sy is mal oor musiek en ons dink sy gaan 'rave' want sy kan haar lyf GLAD nie stil hou wanneer vinnige musiek speel nie. 'Rave' die jongklomp nog of doen hulle nou iets anders! Laat weet bietjie, ek moet darm op datum bly met wat aangaan - hier in die bos verloor ons so bietjie tred met die wereld! O, ja en ons het net mooi ALLES probeer ons kry nie daardie raaisel uitgerafel nie - watter woord kan vorentoe of agtertoe of onderstebo geskryf word en dieselfde bly???!!!!! - lol? s.o.s? ons weet nie - help 'n bietjie uit!

1 comment:

Anonymous said...

Haha. mmm. dink engels... dink iets te doen met tyd. haha rave word vervang deur trance. dis n klein bietjie stadiger maar nog basies die selfde musiek! Rathla. ek sal nog reply op jou email. ek is net nog biekie besig met eksamens en goed! Goedgaan.
Karel