Tuesday, June 3, 2008

Ai tog!

Ai tog, Hier by ons gaan dit nog STEEDS rof. Grandpa Peter is darem weer gesond en Dolla die volstruis ook, maar ons kat Spaghetti is vandag by die vearts dood. Hy moes 'n operasie kry vir sy blaas en toe kom hy net nooit by na die narkose nie. Die vearts se Spaghetti was 'n bietjie oorgewig... Ons is SO hartseer. Hy was 'n regte ou liefdier en ons gaan hom so mis. Mamma gaan hom more haal by die vearts want ons wil hom self begrawe by ons nuwe huis.

Ons hou baie van ons nuwe huis. Daar is 'n dakkamer vir Rathla en Cheti en 'n boom wat perfek is vir 'n boomhuis in die tuin. Ons gaan nou nie meer op Rooikrans bly nie, ons gaan net hier naby in Redwall bly. Ons het ons nuwe huis daardie naam gegee want die buitemure is donker rooi en soos julle weet is dit ook die naam van die reeks boeke waaroor ons mal is.

Mamma en Pappa het ook gister vir ons baie belangrike nuus gegee. Maar ons sal julle eers bietjie later daarvan vertel. Ons is BAIE opgewonde daaroor. Maar vir nou wys ons eers vir julle ons nuwe huis - Redwall. Ons trek die einde van Junie in.

Elsbeth, baie dankie vir jou 'comment' - Mamma se sy stuur sommer gou vir jou en Sam-Karel 'n epos om te laat weet wat ons ALLES te se het!!!

AAAAG!!!!! Hierdie blogger wil nie vanaand fotos laai nie, ek sal more weer probeer, eks nou te moeg. En more het ek 'n hele begrafnis om te reel! Lekker slaap. (S)

2 comments:

Kendra's mom said...

Sorry about Spaghetti....

Branston asked me last night if it wasn't Nexus's time to go. I said 'go where' and he said to join Kendra, because Nexus is sooooo old, older than Branston. Nexus (our german shepherd) is 11 years old and really taking strain with his hips. We are actually in the process of buying a new GS pup, hopefully we will get him in 4/5 weeks.

Anonymous said...

haha ek kan regtig nie wag om die email te lees nie!
Karel