Thursday, April 10, 2008

Franci verjaar!










Dis my verjaardag! JIPPIEEEE!!!!!! Ek het darm nou slapies getel vir 'n laaaaang tyd!!!!!!
Gits! het my ma nou alweer gesukkel om op ons blog te kom! Sy se hierdie keer is dit nie haar skuld nie, maar ek weet darm nie...geniet maar die blog terwyl julle kan, mens weet nooit of Mamma ons dalk weer in die kuberruim verloor nie...
Maar nou is dit my verjaardag. Vanoggend het almal my kom wakker maak met balonne en persente.
Elf uur kom die staff en ons goeie vriende Carol en Lorna hier tee drink. Ons verjaarsdagpartytjies hier op die plaas is nie soos ander kinders s'n nie, soos julle kan sien, maar ons hou daarvan en veral wanneer die staff vir ons sing!




Die wind het vreeslik gewaai op my partytjie. Pappa en Carol EN Maria moes mooi saamwerk om die kersies te laat brand! Ek het 'n pophuis gekry wat my pa en die staf self gemaak het, ek en Rathla moet nou nog net die meubels maak. Mamma het vir ons 'n klomp lee boksies gegee en ons het al klaar 'n kas vir ons nuwe teestel gemaak.
Ek het ook 'n lappop gekry met die lelikste voete, ek hou nie regtig daarvan nie, Mamma se ons kan dit vir Savuti gee. Dankie tog!







Rathla het vir my 'n broek en 'n top gemaak SELF! (kyk foto) Mens moet dit net baaaaie versigtig aantrek want dit is met YSLIKE groot steke gemaak. Hy het ook vir my sy akkedis persent gegee, gelukkig het dit weggekom tydens ons teepartytjie en nou is dit vry.






Ek het 'n paar pienk tekkies en 'n pienk broek gekry en mamma se nou is ek regtig haar pienk roomys!
Wel ek sal later nog skryf, lekker dag vir julle almal - ek weet ek gaan 'n njammie dag he. Met 'n koek! Ek pos die fotos later ok?
O ja en ek soek verjaardag boodskappe in my 'comments' posbus!!!!!! Sommer baie!

Die ma reken: Wat 'n gesukkel om fotos gelaai te kry!!!!(S) Die vodacom sein is so swak hier op die plaas dat dit 'n wonder is as dit nie halfpad deur die proses om 'n foto te laai, onderbreek word nie. Ek is nou moeg en sal more weer probeer. Vyfde verjaarsdae kan 'n mens nogal uitmergel! Sy het dit darm geniet, dankie vir persentjies, thanks Beryl en dankie Retha vir jou mooi boodskappie! En dankie en thanks aan almal wat sms gelos het en probeer bel het, jammer ons is so onbeskikbaar! Plaaslyn julle weet...

2 comments:

Mamma Gompie said...

Hello Pragtige Pienk Roomys Cheti!

Baie geluk met jou verjaarsdag. Hoop jou dag is vol bederf en pret en lekker speel in jou nuwe pophuis! Mis jou baie! Tannie sal een van de dae vir julle kom kuier op die plaas.... dan bring ek vir Mia en Zelda saam.
Baie liefdetjies, soentjies en drukkies
Mamma - Mia

Kendra's mom said...

Hello Cheti

Geluk met jou verjaarsdag! Jammer a bietjie laat maar ek het nou net weer julle blog gevind. Jou ma het nie vir my die nuwe adress gestuur nie!! Ek hoop jy het my sms gekry. Ek sien jy het 'n heerlike dag gehad. Ek het R100 in jou ma se rekening gesit so jy moet vir haar vra om dit vir jou te gee en julle moet a bietjie shopping gaan doen.

Ek hoop julle gaan binnekort kom kuier. Branston will baie graag sy 'cousins' weer sien. Ek gaan in Sun City vir my verjaarsdag wees, ek hoop ek sien julle dan.

Met liefde vir almal
Vannessa