Friday, May 23, 2008

Dit gaan 'n bietjie rof hier by ons!

Hallo aan almal, Hier by ons gaan dit 'n bietjie rof. Ons grandpa Peter is baie baie siek en pappa het vanoggend Oos London toe gevlieg om vir Granny Beryl te gaan help. Ons gaan trek en ons is nie lus DAARVOOR nie en boonop is Dolla, ons volstruis so siek dat mamma die veearts gebel het en hy gaan netnou kom kyk of hy vir Dolla kan help. Ons gee haar water en kos maar sy wil niks he nie. Sy is ook baie siek.
Ons voel deurmekaar, mamma is te besig om vrae te antwoord, te troos of te help. Ons wens dit was 'n ander Vrydag wanneer sy net rustig saam met ons is, maar sy hardloop so rond ons sien haar skaars. Ons sal julle laat weet wanneer dit bietjie beter gaan. Pappa, ons is lief vir jou en mis jou baaaaaaaaaaie!

1 comment:

Anonymous said...

hoe gaan dit nou met die siek mense en die siek diere? Laat hoor van julle. Long time no hear!!!
Van ons hier êrens in die wêreld. Els...