Monday, May 12, 2008

Hallo aan al ons 'fans!'



Ons was 'n bietjie stil, jammer aan al ons aanhangers en hulle word net meer en meer!

Ongelukkig is ons van Mamma afhanklik om die blog op datum te hou en sy raak soms so bietjie besig met haar eie goed wat natuurlik NOOIT naastenby so belangrik soos ons en ons blog is nie, maar sy sien dit nie so nie. Wanneer sy met haar leerwerk besig raak dan moet ons net uit haar pad bly. Dit het dalk iets te doen met die feit dat ons daarvan hou om prentjies te teken en papiervliegtuie te maak en dat eenkeer mamma se hele Werkstuk 01 van Navorsingsmetodiek (wat dit ookal is - kannie belangrik wees nie!) in pragtige papiervliegtuie gemaak was en by die dam mee gevlieg is. Dis nie ons skuld ons het papier gesoek en daar was dit - 24 bladsye op haar tafel! Jammer vir die geskryf aan die een kant maar ons het aan die ander kant geteken voor ons die vliegtuie gemaak het. Wel, mamma het daardie dag nogal 'perform' - dit was glo haar 'first draft' of iets en sy WOU dit nog op die rekenaar uitgetik het. Dit sal haar leer om nie so outyds te wees om eers 24 bladsye met die hand te skryf wanneer sy dit direk op die rekenaar kon gedoen het nie!



Verder gaan dit goed met ons, ons het gister alweer 'n slang gevang - 'n Cape Wolf Snake - hulle is volop hier rond. Ons hou dit net vir 'n dag of twee dan laat ons dit weer gaan. Please Granny don't worry we WILL be careful!



Our new house is coming on nicely. I am going to have my own room and the girls are going to share a room. (Rathla) (Ja en ons sal maar sien DAAROOR ek dink ons kan dalk maklik met 3 bedjies in een kamer eindig as iemand dalk nie alleen wil slaap nie...(S))







Ons was laasweek by Predator World naby Sun City - Ons Aunt Vannessa was daar en ons het die dag met haar deurgebring. Ons het baie diere gesien, slange ens. (Rathla het baie fotos geneem - hy is nogal goed daarmee.)




En die nanny was saam en sy se ek lyk NES my aunt Vannessa, behalwe vir die blou oe, die het ek en Rathla van mamma se ma - ons ouma Daleen. (Savuti.)


Daar was 'n baie groot luislang en ons het fotos geneem - hy was baie swaar en pappa moes help om dit op Rathla se skouers te kry. Die slang het eers met sy gesig so naby Rathla se gesig gekom! Ek wie Franci is het maar liewer net van 'n afstand af aan dit deelgeneem!


Laas week het ons en pappa 'n dooie rooibokkie in die veld gekry. Dit lyk of sy in die pad gekom het van twee ramme wat baklei want sy was deurboor. Franci het gehuil oor die dooie bokkie, Rathla wou weet of ons dit kon eet!



Ons volstruis sit op eiers. Hier is nie mannetjie volstruise op die plaas nie, maar ons volstruise le eiers! Dan sit hul daarop. Die staf moet die eiers wegvat en leegmaak. Ons het al volstruiseier geeet en dis GROOOT! Hiers 'n foto. Kan julle dit glo?





Mooi bly aan almal en Baie Dankie vir die Comments - ons dink dis GREAT om 'Secret Admirers' te he! Veral as hulle dink ons is so oulik en mooi! It runs in the family...

No comments: