Sunday, October 12, 2008

Savuti se dinge


Savuti begin nou mooi praat. Sy wys graag na almal se fotos op die yskas en se dan hul name. Sy noem Cheti 'B-B' en sy kan 'Kaa-wil' (Karel) se en sy noem vir Rathla 'Oupa' (Hys nie eintlik beindruk daarmee nie!)


Sy se 'n hele paar seTswana woorde, sy kan hoender (kgokgo), thlaku (skoen) en 'o a wa' (jy gaan val) se. Haar seTswana naam is Masilo en dis nou jammer want dit beteken 'die een wat baie huil, (sy was 'n koliekbaba en het vir die eerste 4 maande aanhoudend geskree!) maar die naam het gebly en sy reageer daarop wanneer die staf met haar praat.



In Engels se sy 'come' en in afrikaans 'kom in, kom in' (ek dink sy hoor dit dalk op die tweerigting radio in ons huis). Sy se ook 'Goggabie' vir alle goggas en in ons huis is dit 'n wonderwerk want Ian verwys na omtrent al die goggas op hul Latynse name, maar 'n vierde taal is dalk 'n bietjie erg vir so 'n klein persoon!


Sy eet self en hou daarvan om met die hoenders te speel en die groente nat te maak.




Savuti is baie liefdevol en gee graag drukkies en (natterige) soene.




Sy hou daarvan as almal hande klap. Sy abba graag 'n teddie op haar rug (soos wat Miemie haar abba), en sy hou baie van musiek en sing.




As een van die ander kinders huil, troos sy hulle graag en se dan 'baba huil'.

Nes haar mamma is sy mal oor die maan en sal in die aand weer en weer op die stoep uithardloop en elke keer so bly wees om die maan te sien.

Sy is nogal ekstrovert, maar kan haar skaam hou met vreemdelinge. Sy is 'n groot flirt en loer en glimlag tot sy aandag kry.

Sav hou van teken en ons wit bord (met al my afsprake op) loop telkens deur. Dan raai ons maar waar ons wanneer moet wees om wat te doen, maar ons het darm wonderlike kunswerke op daai bord!

Sy is nogal 'tough' en huil nie sommer as sy val nie maar sal vir dae daarna, na haar 'eina' wys en land en sand vertel hoe sy die besering opgedoen het. Sy en Franci kan lekker rof speel, maar Rathla speel mooi saggies met haar (maar hy speel baie rof met Franci!).


Savuti is rustig en mense merk altyd op hoe verstom hulle is dat sy so saggies met diere werk. Sy trek nooit ore of sterte of slaan na diere nie, instede ruil sy en die honde meer speeksel uit as 'n verliefde paartjie in 'n stomende film! (Ons ontwurm ons hele lot elke 6 maande, darem!)

1 comment:

Gena D said...

Lovely images ..... glad you enjoyed them!
Gena @ Thinking Aloud
PS> did you see the "vintage" version of the first one I sent thru recently!?